Skip to content

VF Plus sê Centurion behoort tot rampgebied verklaar te word weens sinkgate

# Die Vryheidsfront Plus in Tshwane vra die metro om Centurion tot rampgebied te verklaar weens sinkgate. Daar is tans 64 sinkgate in die gebied. Die jongste het Sondag in Lyttelton ontstaan. Die sinkgate kom meestal in dolomitiese grond voor en word hoofsaaklik gevorm as gevolg van water en rioollekkasies. Die VF Plus sê ‘n versoekskrif met drie-duisend-500 handtekeninge is op gister se raadsvergadering voorgelê om te eis dat dit tot ‘n rampgebied verklaar word sodat befondsing van die nasionale en provinsiale regerings se rampfondse verkry kan word.