# Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus het drie spelers van die seëvierende Junior Springbokspan genooi om saam met die groep van 37 spelers vir die eerste twee Rugbykampioenskapswedstryde teen Australië te oefen. Die Baba-Bokke het pas Wêreldrugby se Onder 20-kampioenskap gewen. Bathobele Hlekani, Cheswill Jooste en Haashim Pead sal by die senior groep aansluit vir die voorbereidingskamp van twee weke wat Sondag in Johannesburg begin, sodat hulle aan die Springbok-kultuur kan gewoond raak.
Rugby: Rassie nooi drie Junior Bokke om saam met Rugbykampioenskapsgroep te oefen