# Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus het ‘n sterk groep van 37 spelers aangewys vir die eerste twee Rugbykampioenskapstoetse teen Australië. Dit sluit 24 Wêreldbeker-wenners in en vyf spelers wat onlangs hulle toetsbuiging gemaak het. Hulle is Ethan Hooker, Asenathi Ntlabakanye, Boan Venter, Marnus van der Merwe en Cobus Wiese. Lukhanyo Am, Faf de Klerk, Makazole Mapimpi, Salmaan Moerat, Evan Roos, Neethling Fouché en Vincent Tshituka is op bystand. Die Springbokke en die Wallabies speel op 16 Augustus in Johannesburg en ‘n week later in Kaapstad.
Rugby: Springbok-groep van 37 gaan Australië in Rugbykampioenskap pak