Skip to content

Tshwane soek steeds vennootskappe om inwoners se probleme te hanteer [KLANK]

# Die Stad Tshwane sê hy sal voortgaan om vennootskappe met verantwoordelike korporatiewe rolspelers in die metro te vind en te versterk sodat inwoners se probleme hanteer kan word. Die uitdagings sluit in ʼn geweldige agterstand in behuising en vervalle infrastruktuur. Die burgemeesterskomiteelid vir Behuising en Menslike Nedersettings, Aaron Maluleka, sê agt nuwe huise is gister aan begunstigdes in Zithobeni Heights oorhandig. Die Pales-steenkoolmyn het dit gebou as deel van die Gemeenskapsopheffingsprogram:

ENG AarononPartnerships