# Die SAKP sê die aanstelling van Buti Manamela as die nuwe minister van Hoër Onderwys en Opleiding is ʼn positiewe stap om probleme in die hoëronderwyssektor aan te spreek. Hy vervang Nobuhle Nkabane, wat afgedank is oor die SETA-raadaanstellings wat intussen laat vaar is. Die SAKP sê Manamela aanvaar verantwoordelikheid vir die portefeulje te midde van probleme wat die sektor se toekoms en die wettigheid van belangrike instellings wat noodsaaklik is vir onderwys bedreig.
SAKP sê aanstelling van minister Manamela is positief vir hoër-onderwyssektor