Skip to content

EFF in Gauteng verwelkom deurbraak in Ekurhuleni-ouditeur Mpho Mafole se moordsaak

# Die EFF in Gauteng het die inhegtenisneming verwelkom van ʼn verdagte wat by die moord op die hoof van die Ekurhuleni Korporatiewe en Forensiese Ouditdepartement, Mpho Mafole, betrek word. Hy is verlede maand in Kempton Park doodgeskiet. Mafole het ʼn geheimsinnige inkomste-tekort van twee-miljard-rand in die metro se elektrisiteitsrekeninge ondersoek. Die polisie soek ook na die verdagte se vermeende medepligtige. Die EFF het die polisie se vinnige ondersoek geloof en sê daar is te veel onopgeloste sake in die provinsie weens onbevoegdheid, korrupsie en personeeltekorte.