# Amnestie Internasionaal sê die Israelse weermag se doelbewuste lugaanvalle op Teheran se Evin-tronk tydens verlede maand se 12-dae-oorlog moet as oorlogsmisdaad ondersoek word. Minstens 79 mense is volgens berigte dood en dele van die administratiewe gebou is vernietig. Die Evin-tronk is vir politieke gevangenes en buitelandse burgers. Amnestie Internasionaal sê onder internasionale humanitêre wette is ʼn tronk of plek van aanhouding ʼn burgerlike terrein. Hy sê daar is dus geen geloofwaardige bewys dat die tronk in hierdie geval ʼn wettige militêre teiken was nie.
Amnestie Internasionaal vra dat Israelse aanval op Iranse tronk as oorlogsmidaad ondersoek word