# Gholf: Die Ryderbeker keer in 2031 terug na Spanje. Die organiseerders het aangekondig dat Camiral Golf and Wellness, naby Girona in Catalonia, die 48ste weergawe van die tweejaarlikse kompetisie tussen Europa en die VSA sal aanbied. Spanje het die Ryderbeker by Valderrama in Andalusia in 1997 aangebied, toe Europa die oorwinning onder die kapteinskap van Seve Ballesteros behaal het. Die 2031-kompetitisie sal die eerste keer wees wat ‘n Europese land die kompetitise meer as een keer aanbied.
Gholf: Spanje bied Ryderbeker in 2031 aan