Skip to content

Rugby: Nuwe Bulle-afrigter glo hulle het die talent om die VRK te wen

# Rugby: Die nuut-aangestelde hoofafrigter van die Bulle, Johan Ackermann, glo die unie het die talent om die Verenigde Rugbykampioenskap te wen. Sy voorganger, Jake White, het die span van Pretoria in vier seisoene na drie eindstryde geneem, maar kon nooit die trofee lig nie. Ackermann, wat pas die Junior Springbokke gehelp het om Wêreldrugby se Onder-20 kampioenskap te wen, sê hy wil opwindende, aanvallende rugby speel, positief wees en drieë druk. Hy besef die verwagtings van die unie sowel as die ondersteuners is hoog.