Skip to content

Motorsport: MotoGP se Grand Prix in Argentinië het van 2027 af ’n nuwe tuiste

# Motorsport: MotoGP keer in 2027 na byna drie dekades terug na die Argentynse hoofstad, Buenos Aires. Die motorfiets-reeks se Argentynse wedrenne is sedert 2014 op die Termas de Río Hondo-baan in die provinsie Santiago del Estero aangebied. Buenos Aires se regeringshoof, Jorge Macri, sê die Autodromo Oscar y Juan Galvez sal van Oktober af omvattend opgeknap word om teen 2027 gereed te wees. Dit sluit werk aan die baan, die renbaanperk en veiligheidsones in.