# Die Gautengse Wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het die moord op ses mense in Olievenhoutbosch, Tshwane, die afgelope naweek veroordeel. Hulle is in ‘n taverne in die Choba-informele nedersetting doodgeskiet, in wat vermoedelik voortspruit uit ‘n bendeoorlog tussen Lesotho- en Mosambiekse burgers. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê hierdie voorval beklemtoon die dringende behoefte aan verskerpte pogings om onwettige ondernemings te sluit. Hy doen ‘n beroep op die publiek om te help om die oortreders voor die gereg te bring.
Gauteng wetgewer se veiligheidskomitee veroordeel dodelike skietery by Olievenhoutbosch taverne