# President Cyril Ramaphosa het die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, afgedank. Dit volg ná maande van omstredenheid oor die aanstelling van die voorsitters van die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid. In Junie het Nkabane aan die Parlement gesê haar aanstelling van die 21 Seta-voorsitters is gelei deur ‘n adviesgroep wat advokaat Terry Motau ingesluit het. Motau en drie ander het egter ontken dat hulle by die proses betrokke was. Ramaphosa het Buti Manamela as die nuwe minister en Nomusa Dube-Ncube as adjunkminister aangestel.
President Ramaphosa ontslaan minister van hoër onderwys, Nkabane, oor SETA-skandaal