# Ten minste 19 mense is dood toe ‘n vliegtuig van Bangladesj se Lugmag by ‘n kollege in die hoofstad Dhaka neergestort het. Noodhulpbeamptes sê daar is meer as 100 ander mense beseer in die ongeluk by die Milestone School and College, in die Diabari-woonbuurt in die noorde van Dhaka. Ten minste 83 van die studente wat oorleef het, ontvang behandeling in hospitale in die hoofstad. Volgens Associated Press was die vlieënier onder diegene wat dood is in wat beskou word as die land se dodelikste lugongeluk in onlangse tye. Die regering het ‘n dag van rou aangekondig.
Ten minste 19 dood toe lugmagvliegtuig van Bangladesj neerstort by Dhaka-skool