# Krieket: Suid-Afrika en Nieu-Seeland kom vandag teen mekaar te staan in Harare, Zimbabwe, voordat hulle Saterdag op dieselfde veld teen mekaar speel in die eindstryd van die driehoekige T20-reeks. Die gasheer is reeds uitgeskakel nadat hulle vroeër twee keer teen die Proteas verloor het, en een keer teen die Swartpette. Nieu-Seeland het Suid-Afrika vroeër in die toernooi met 21-lopies geklop. Die laaste rondomtalie-wedstyd is Donderdag tussen Zimbabwe en Nieu-Seeland.
Krieket: Suid-Afrika, Nieu-Seeland speel in Harare in voorloper voor Saterdag se eindstryd