# Pous Leo het telefonies met die president van die Palestynse Owerheid, Mahmoud Abbas, gepraat, oor die konflik in Gaza en geweld in die Wesoewer. Dit was die eerste amptelike gesprek tussen die twee mans sedert Leo as pous verkies is. Die Vatikaan sê die pous het die dringendheid beklemtoon om hulp aan die kwesbaarstes te verleen. Die gesprek het gevolg na ‘n oproep Vrydag tussen die pous en die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu, ‘n dag na ‘n aanval deur Israel op Gaza se enigste Katolieke Kerk waarin drie mense dood is.
Pous Leo praat met Abbas en Netanyahu oor oorlog in Gaza