# Rugby: Die kaptein van die Junior Springboke, Riley Norton, sê voorbereiding, speltyd, span- en nasionale ondersteuning was belangrike faktore in hul Wêreldrugby Onder-20-kampioenskaps-oorwinning in Italië. Suid-Afrika het Nieu-Seeland Saterdag in die eindstryd in Rovigo 23-15 geklop en daarmee hul tweede titel verower en ‘n wendroogte van 13-jaar beëindig. Norton het met die span se terugkeer die senior Springbokke geprys vir hulle inspirasie en sê rugby verenig Suid-Afrikaners. Hy is ook dankbaar vir die ondersteuners en hul trots in die sport:
Rugby: Junior Bok-kaptein prys spanwerk en ondersteuning tydens kampioenskapsoorwinning [KLANK]
ENG-NortonOnWin