# Krieket: Indië se boulaanval is deur ‘n dubbele terugslag getref voor die voorlaaste Toets teen Engeland Woensdag op Old Trafford begin. Arshdeep Singh gaan die wedstryd weens ‘n handbesering misloop, terwyl Nitish Kumar Reddy die res van die reeks buite aksie sal wees as gevolg van ‘n kniebesering. Die bouler Akash Deep sukkel boonop met ‘n ligte liesprobleem, wat die besoekers kan dwing om die ervare Jasprit Bumran te gebruik, terwyl hulle hom spaarsaam wou inspan. Engeland loop 2-1 voor in die reeks van vyf wedstryde.
Krieket: Dubbele terugslag vir Indië se boulaanval voor vierde toets teen Engeland