# KwaZulu-Natal se LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, doen weer ‘n beroep op motoriste om versigtig te bestuur. Dit volg nadat vyf mense Sondagaand op die R66 Nyezane in Gingindlovu dood is nadat ʼn Ford Ranger beheer verloor en reg van voor teen Hyundai gebots het. Drie volwassenes en twee kinders is in die botsing dood. Die departement se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê die LUR het sy diepste meegevoel met die slagoffers se gesinne uitgespreek: