Skip to content

OUTA sê uitvoerende hoofde by staatsinstellings moet ’n standaardvergoedingspakket ontvang

# Die Organisasie teen Belastingmisbruik het kommer uitgespreek oor die gebrek aan deursigtigheid wat die salarisse van uitvoerende hoofde by staatsinstellings betref, veral in die lig van swak dienslewering, reddingsboeie en swak prestasie. Die Padverkeerbestuurskorporasie se uitvoerende hoof, Makhosini Msibi, wat tans voorlopig geskors is weens bewerings van finansiële wangedrag, se totale vergoedingspakket het volgens berigte in die 2023/2024-boekjaar 10,5-miljoen-rand beloop. Eskom se uitvoerende hoof, Dan Marokane, verdien volgens berigte 6,9-miljoen-rand per jaar en die Transnet-hoof, Michelle Phillips, 8,5-miljoen-rand. OUTA sê die regering moet ʼn standaardvergoedingskaal instel.