Skip to content

Konstitusionele Hof stel sperdatums vir MK-party se saak teen Ramaphosa oor Mchunu se skorsing

# Hoofregter Mandisa Maya het sperdatums gestel in die MK-party se regsuitdaging van president Cyril Ramaphosa se besluit om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof te plaas. Die party sê Ramaphosa se besluit is irrasioneel en teenstrydig met die Grondwet se bepalings en presidensiële ampseed. Maya sê partye wat die MK-party wil ondersteun, moet vandag hulle aansoeke indien. Partye wat teen die hoofaansoek gekant is, het tot môre tyd om hul beëdigde verklarings in te dien.