# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus loop 1-0 voor in die reeks van drie toetse na ‘n grootliks dominante vertoning met ‘n 27-19 oorwinning voor 52-duisend toeskouers by ‘n stamvol Suncorp Stadion in Brisbane. Die Leeus was te sterk in alle fassette van die spel met drie drieë binne die eerste 41 minute en moes die Wallabies se terugvegpogings weerstaan vir ’n gemaklike oorwinning. Sione Tuipulotu, Tom Curry en Dan Sheehan het die besoekers se drieë gedruk met Finn Russell wat nege punte met skoppe aangeteken het. Die tweede toets is volgende naweek by die Melbourne Cricket Ground.
Rugby: Wallabies swig voor Leeus se vroeë dominansie in eerste toets