# Rugby: Die eeu-oue mededinging tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland duur vanaand op juniorvlak voort wanneer die twee lande mekaar die stryd aansê in die eindstryd van die Wêreldbeker-rugbykampioenskap vir onder-20’s in Rovigo, Italië. Die Baba-Bokke was tot nou toe onkeerbaar, met weghol-oorwinnings in hulle drie groepwedstryde voordat hulle Argentinië in die halfeindrondte verslaan het. Die Junior All Blacks het ook nog nie verloor nie en het Frankryk in die voorlaaste wedstryd geklop. Suid-Afrika se afrigter Kevin Foote beskryf die wedstryd as ‘n spesiale oomblik teen ‘n spesiale span. Die wedstryd skop afskop is vanaand om 8.30.
Rugby: Eeu-oue stryd tussen Bokke en Nieu-Seeland duur vanaand in Rovigo voort