# Rugby: Skotland het Samoa in Auckland, Nieu-Seeland, 41-12 verpletter om hulle Stille Oseaan-toer op ’n hoogtepunt af te sluit na verlede naweek se teleurstellende nederlaag teen Fidji. Die Skotte het binne die eerste 15-minute twee drieë gedruk en uiteindelik sewe drieë teen twee aangeteken. Hulle moes klaarkom sonder ‘n aantal eerstekeuse-spelers wat vir die Britse en Ierse Leeus speel terwyl Tom Jordan en Jamie Ritchie beseer is in die wedstryd teen Fidji. Skotland het ook die Maori-All Blacks verslaan in die eerste wedstryd van die toer.
Rugby: Skotland eindig Stille Oseaan-toer op ‘n hoë noot met ‘n oortuigende oorwinning oor Samoa