# AfriForum sê hy wag op die uitspraak in die vuurwapensaak teen die EFF-leier Julius Malema. Malema sal vanaf Maandag tot Woensdag volgende week in die Streekhof in Oos-Londen verskyn omdat hy na bewering ‘n semi-outomatiese vuurwapen afgevuur het tydens ‘n saamtrek in 2018. Malema staan tereg op verskeie aanklagte kragtens die Wet op Vuurwapenbeheer. Jacques Broodryk van AfriForum sê politici is nie onaantasbaar nie en eis dat die saak ‘n belangrike presedent vir aanspreeklikheid skep:
AfriForum wag op uitspraak volgende week in Malema-vuurwapensaak [KLANK]
AFR-BroodrykOnMalema