Skip to content

Gholf: Vyf spelers loop tans voor by Die Ope, insluitend Christiaan Bezuidenhout van Suid-Afrika

# Gholf: Die Suid-Afrikaner Christiaan Bezuidenhout is een van vyf voorlopers na ʼn aanvangsronde van vier onder 67 by die 153ste Ope by Royal Portrush in Noord-Ierland. Saam met hom is Matt Fitzpatrick van Engeland, die Amerikaner Harris English, die Deen Jacob Skov Olesen en Haotong Li van China. Die wêreld-nommer-een Scottie Scheffler van Amerika is een hou agter saam met Matthew Jordan en Tyrrell Hatton van Engeland. Rory McIlroy is drie houe agter in sy poging om ʼn geskiedkundige oorwinning in op tuisbodem te behaal.