Skip to content

Rugby: Leeus gaan eerste keer sedert 1896 sonder ‘n enkele Wallieser speel

# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus gaan die Wallabies in môre se eerste toets in Brisbane pak sonder ‘n enkele Wallieser – die eerste keer sedert 1896. Jac Morgan is die enigste Wallieser oor in die toergroep nadat Tomos Williams verlede maand beseer is. Die span bestaan uit 11 Iere, nege Engelse en drie Skotte. Hoofafrigter Andy Farrell sê Morgan, wat geskitter het in die Leeus se onlangse oorwinning oor die Reds, is uitgelaat omdat daar so baie briljante losvoorspelers is.