# Rugby: Die All Blacks se afrigter, Scott Robertson, het tien veranderings aan sy span aangebring vir Saterdag se derde en laaste toets teen Frankryk in Hamilton. Sewe spelers is die eerste keer hierdie seisoen opgeroep. Die haker Brodie McAlister kan sy toetsbuiging van die bank maak. Die stut Tyrel Lomax, die losvoorspeler Luke Jacobson en die agterspelers Anton Lienert-Brown en Sevu Reece het almal van beserings herstel en is in die opdrafspan ingesluit. Robertson sê hulle is voorbereid om ‘n vasberade en begeesterde Franse span te takel.
Rugby: Tien veranderings aan Nieu-Seeland se span vir laaste toets teen Frankryk