Skip to content

Krieket: Nieu-Seeland klop Proteas met 21 lopies in driehoekige T20-reeks in Zimbabwe

# Krieket: Suid-Afrika het met 21 lopies teen Nieu-Seeland verloor in die driehoekige T20-reeks in Harare, Zimbabwe. Die Proteas het die loot gewen en besluit om te boul. Tim Robinson het ‘n onoorwonne 75 aangeteken van 57 balle en die Swartpette tot 173 vir vyf geneem. Die aanvangskolwer Lhuan-dré Pretorius het ‘n vinnige 27 van 17 balle geslaan, maar die Proteas het gereel paaltjies verloor. Dewald Brevis se 35 van 18 balle was die hoogste telling. Die Suid-Afrikaners is in die 19de boulbeurt uitgeboul vir 152.