# Die DA in Gauteng verwerp die begrotingsposte vir die departemente van Gesondheid, Infrastruktuurontwikkeling, Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, e-Regering, en Menslike Nedersettings. Die party sê die begrotings sal nie die lewens van die inwoners onder die leierskap van premier Panyaza Lesufi verbeter nie. Nico de Jager van die DA sê die Infrastruktuurdepartement is deurspek van wanbestuur, maar ontvang steeds ‘n begroting van 3,6-miljard-rand. Jack Bloom van die party sê die Gesondheidsdepartement moet koste-inkortingsmaatreëls instel, kontrakbestuur verbeter en doeltreffendheid verbeter.
DA in Gauteng verwerp begrotingsposte onder premier Lesufi se bestuur