Skip to content

Ramaphosa stel Mantashe aan as waarnemende minister van Polisie tot Cachalia die pos oorneem

# President Cyril Ramaphosa het die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, met onmiddellike ingang as waarnemende minister van Polisie aangestel. Hy sal die rol vervul tot professor Firoz Cachalia die pos aan die begin van Augustus oorneem. Die Presidensie sê Mantashe sal ook sy pligte as minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne nakom. Dit volg nadat Ramaphosa die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof geplaas het na bewerings van politieke inmenging en misdadige infiltrering van polisiebedrywighede.