# Die ANC verwelkom die aanstelling van Firoz Cachalia as die waarnemende minister van Polisie nadat Senzo Mchunu op verlof geplaas is. Cachalia, ‘n voormalige ANC-politikus, is nie ‘n lid van die Parlement nie, maar is ‘n regsprofessor aan die Wits Universiteit en word geprys as ‘n ervare regsgeleerde en kampvegter teen korrupsie. Die ANC se sekretaris-generaal, Filike Mbalula, sê Cachalia se diepgaande begrip van die sekerheidsektor en toewyding aan ‘n skoon regering beteken hy is uiters geskik vir die amp:
ANC verwelkom Firoz Cachalia as waarnemende minister van Polisie [KLANK]
ENG-MbalulaOnCachalia