# Rugby: Die slot Eben Etzebeth sal Saterdag sy rekord as die mees ervare Springbok na 133 toetse opskuif nadat hy in die opdrafspan gekies is vir die wedstryd teen Georgië in Mbombela. Ruan Nortjé sal sy slotmaat wees. Die vleuel Kurt-Lee Arendse kan ‘n mylpaal van 100-punte vir Suid-Afrika bereik as hy slegs een drie druk. Die wedstryd is die derde tussen die twee lande. Die Bokke het Georgië 46-19 geklop in die groepsafdeling van 2003 se Wêreldbekertoernooi in Australië, en weer 40-9 in Pretoria in 2021.
Rugby: Etzebeth verbeter Saterdag sy toetsrekord na 133 wedstryde