Skip to content

SASSA identifiseer 210 000 toelae-begunstigdes wat ander inkomstes nie verklaar nie [KLANK]

# Die Suid Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid sê ‘n hersiening in samewerking met geregistreerde kredietburo’s het 210-duisend begunstigdes geïdentifiseer wat versuim het om ander inkomste te verklaar. Die hoof- uitvoerende beampte, Themba Matlou sê dit skend die Wet op Maatskaplike Bystand, wat tot opskortings of beëindigings van voordele kan lei wat moontlik die herwinning van oorbetaalde fondse insluit. Hy sê die hersieningsproses wil verseker dat slegs geldige ontvangers ondersteuning kry, dat openbare fondse beskerm word, en dat die integriteit van die stelsel behoue bly:

ENG-MatlouOnIncome