Skip to content

Rugby: Wiese moet vandag sy optrede verduidelik na rooikaart in Gqeberha

# Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Jasper Wiese verskyn vandag voor ‘n tugkomitee van Wêreldrugby na sy rooikaart tydens Saterdag se tweede toets teen Italië in Gqeberha. Die Ierse skeidsregter, Andrew Brace, het hom afgestuur vir ‘n kopstamp tydens ‘n onderonsie in die eerste helfte. Die Bokke het nogtans 45-0 gewen. Wiese kan waarskynlik ‘n swaar straf verwag omdat sy dissiplinêre rekord nie te goed lyk nie. Die uitwysingskomitee het die saak reguit na ‘n volle verhoor verwys, wat dui op die erns van die aanklag.