Skip to content

Rugby: Sterk Junior Bok-span pak Argentinië in halfeindstryd van Onder 20-kampioenskap

# Rugby: Die afrigter van die Junior Springbokke, Kevin Foote, het ‘n sterk span gekies vir vanaand se halfeindstryd teen Argentinië in die Wêreldrugby Onder-20-kampioenskap in Italië. Die Baba-Bokke was onstuitbaar in hul groepwedstryde en het Australië, Engeland en Skotland maklik geklop om na die uitklopfase te vorder. Foote het ses voorspelers en twee agterspelers op die bank gekies om Los Pumitas se sterk pak aan te val. Nieu-Seeland en Frankryk speel in die ander halfeindstryd.