Skip to content

Motorsport: Marc Marquez vergroot sy voorsprong in MotoGP-kampioenskap na oorwinning in Duitsland

# Motorsport: Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Marquez, het sy voorsprong oor sy broer Álex tot 83-punte vergroot toe hy die Duitse Grand Prix gewen het. Dit is die Ducati-jaer se negende MotoGP-oorwinning op die Sachsenring in die 200ste wedren van sy loopbaan. Álex het die tweede plek opgeraap vir Gresini Racing met sy spanmaat Francesco Bagnaia derde. Brad Binder van Suid-Afrika was sewende op sy Red Bull KTM. Die volgende wedren, die Tsjeggiese Grand Prix, word die naweek gehou wanneer MotoGP na ‘n afwesigheid van vyf jaar na Brno terugkeer.