# TLU SA se Noord-Kaapse tak het alarm gemaak oor die Vioolsdrif-grenspos wat vir meer as ‘n maand sonder water bedryf word. Die voorsitter van TLU SA Noord-Kaap, Jan Palm, sê ondanks daaglikse aktiwiteite deur grensbeamptes, is daar geen water vir die personeel of die omliggende gebied nie. Palm sê die belangrikste handels- en toerismepoort met Namibië staar nou gesondheidsrisiko’s en operasionele druk in die gesig. Hy doen ‘n beroep op owerhede om dringend basiese dienste te herstel en aanspreeklikheid by hierdie belangrike internasionale grenspos te verseker.
TLU SA maak alarm oor Vioolsdrif-grenspos wat ‘n maand lank sonder water is