Skip to content

Sokker: Liverpool onttrek Diogo Jota se nr. 20-trui in emosionele huldeblyk

# Sokker: Premierliga-kampioene Liverpool het spannommer 20 onttrek ter ere aan die oorlede voorspeler Diogo Jota, wat verlede week Donderdag in ‘n motorongeluk dood is. Die klub het gister die emosionele aankondiging gemaak ná oorlegpleging met Jota se vrou, Rute, en familie. Sy nommer sal nie meer op enige vlak gebruik word nie, insluitend Liverpool FC Women and Academy. Jota het in 2020 aangesluit, die nommer 20 gedra en gehelp om Liverpool se 20ste ligatitel te wen. Die klub sê hy sal vir vir altyd onthou word as Liverpool se nommer 20.