Skip to content

Vyf sterf in polisie-agtervolging van gesteelde bakkie op N18 naby Hartswater

# Arrive Alive het bevestig dat vyf mense, insluitend ‘n kleuter, dood is in ‘n botsing op die N18 naby Hartswater in die Noord-Kaap. Die polisie beweer die bestuurder van ‘n gesteelde bakkie met vervalste nommerplate het van hulle probeer wegjaag. Hy het beheer verloor toe hy ‘n voertuig onwettig probeer verbysteek het en met ‘n bakkie gebots. Die Padverkeersbestuurskorporasie sê beamptes het ‘n ondersoek begin om die oorsaak te bepaal. ‘n Saak van strafbare manslag is by die Hartswater-polisiestasie aanhangig gemaak.