# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, sê hy is 100-persent fiks vir vanmiddag se halfeindstryd teen die sewemalige-kampioen, Novak Djokovic van Serwië, op Wimbledon. Die 23-jarige Italianer het sy elmboog Maandag seergemaak tydens die vierderonde-wedstryd teen Grigor Dimitrov, maar oorleef toe die Bulgaar weens ‘n besering moes onttrek. Sinner het geen ongemak getoon toe hy Ben Shelton van Amerika in die kwarteindronde geklop het nie. Die 38-jarige Djokovic is ook beseer gedurende sy kwarteind-oorwinning oor die Italianer Flavio Cobolli.
Tennis: Sinner sê hy is 100% fiks vir Wimbledon- halfeindstryd teen Djokovic