Skip to content

Korrektiewe Dienste waarsku oor bedrogspul waarin woordvoerder se naam gebruik word

# Die Departement van Korrektiewe Dienste waarsku mense oor ‘n bedrogspul waarin ‘n persoon voorgee om die woordvoerder Singabakho Nxumalo te wees. Die bedrieër maak gebruik van TrueCaller om mense te kontak en geld te vra vir leerlingskappe en uniforms. Die departement sê Nxumalo is nie betrokke by werwing of betalings nie en vra dat sulke oproepe ignoreer word. Die publiek word ook herinner dat dit gratis is om aansoek te doen vir regeringsposte of leerlingskappe en alle amptelike geleenthede word slegs op betroubare platforms gedeel.