# Tien bemanningslede is gered, maar ten minste drie is dood toe Jemense Hoethi-rebelle ‘n vragskip in die Rooi See aangeval het. Die Britse agentskap vir maritieme handelsoperasies sê die Eternity C, met ‘n bemanning van 25 lede, is getref deur vuurpyl-aangedrewe granate wat van klein bote afgevuur is. Die Iran-gesteunde Hoethi’s sê hulle het die skip aangeval omdat dit op pad na Israel was, en het ‘n onbekende aantal bemanningslede na ‘n “veilige plek” geneem. Die Amerikaanse ambassade in Jemen het intussen gevra vir hul onmiddellike vrylating.
Soektog na oorlewendes nadat Hoethi-rebelle tweede vragskip op Rooi See sink