Skip to content

Voormalige apartheidsera-polisielid tot 15 jaar gevonnis vir moord op Nyoka in 1987

# Die voormalige apartheidsera-polisielid Johan Marais is tot 15-jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op die studente-aktivis Caiphus Nyoka in 1987. Die 66-jarige Marais het vroeër in die Hooggeregshof in Pretoria erken hy het Nyoka by sy huis in Daveyton doodgeskiet. Voorsittende regter Mokhine Mosopa het gesê die vonnis moet as straf sowel as afskrikmiddel dien. Die skuldigbevinding volg na ‘n dekade-lange strewe na geregtigheid vir Nyoka se familie. Marais het erken dat hy opdragte gevolg het, maar het ’n pleitooreenkoms geweier om teen sy mede-beskuldigdes te getuig.