# Die voormalige polisielid, Johan Marais sal vandag in die Gautengse Hooggeregshof in Benoni gevonnis word vir die moord in 1987 op die studente-aktivis, Caiphus Nyoka. Die prominente Oos-Randse studente-leier is in sy huis deur ‘n apartheid-era polisie-eenheid geskiet. Marias het in 2019 skuld erken en verlede jaar skuldig gepleit. Die vonnisoplegging is ‘n belangrike stap in die Nyoka-familie se dekadelange stryd vir geregtigheid. Die verhoor van Marais se mede-beskuldigdes is in Mei vanjaar hervat.
Voormalige polisielid Johan Marais word vandag gevonnis vir 1987 moord op studente-aktivis, Caiphus Nyoka