# Pakistanse polisie het 149 mense, insluitende 71 buitelanders, in ‘n swendel-oproepsentrum arresteer. Wetstoepassers sê hulle het opgetree na ’n wenk oor die netwerk wat uit die stad Faisalabad werk. Die klopjag was by die woning van die voormalige hoof van die stad se kragnetwerk, Tasheen Awan. Die aangehoudenes sluit 78 Pakistani’s en 48 Chinese burgers, asook mense uit Nigerië, die Filippyne, Sri Lanka, Bangladesj, Zimbabwe en Mianmar.
Pakistanse polisie arresteer 149 mense in klopjag op swendel-oproepsentrum