Skip to content

DA hou inspeksie by Akasia-polisiekantoor te midde van kommer oor misdaadkoers

# Die DA in Gauteng, onder leiding van provinsiale leier Solly Msimanga, bring vandag ʼn oorsigbesoek aan die Akasia-polisiekantoor in Tshwane. Dit is onder die voorste 40 polisiekantore in die provinsie ten opsigte van die aanmelding van poging tot moord, verkragting en kontakmisdade. Die DA sê hulle sal met die leierskap vergader om die redes vir die toename in ernstige en geweldsmisdade te verstaan. Die party sê hy sal ook evalueer of die polisielede en die stasie genoeg hulpbronne het om misdaad te bekamp.