# Die Stad Johannesburg se forensiese laboratorium van 703-miljoen-rand in Auckland Park, beleef ernstige vertragings. Dis reeds 98-persent voltooi, maar nog nie in diens gestel nie. News24 berig dat kontrakteurs sê hulle sal nie die vierde uitgestelde sperdatum haal nie, en voer kwessies soos ontwerpfoute en laat betalings as redes aan. Die projek sou aanvanklik 588-miljoen-rand kos, maar kos weens voortslepende probleme nou meer as 700-miljoen-rand.