# Die KwaZulu-Natalse LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, het vloedslagoffers wat uit die Bayside Hotel gesit is, versoek om tydelik na die Chesterville-gemeenskapsaal te verhuis. Die uitsetting volg op vertraagde betalings weens voldoeningsprosesse. Duma, wat met die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, vergader het, het bevestig dat 185-miljoen-rand tot dusver betaal is, met nog 128-miljoen-rand wat nodig is om een-duisend-200 gesinne te hervestig. Duma sê die regering kan nie huise herbou op grond wat nie geskik is en waar huise weggespoel het nie.
KZN vloedslagoffers hervestig te midde van tekort aan fondse vir noodbehuising