Skip to content

Trump straf Brasilië met ’n 50%-tarief, sê dis onder meer oor “heksejag” teen Bolsonaro

# President Donald Trump van Amerika sê sy administrasie gaan ʼn tarief van 50-persent instel op alle invoere uit Brasilië. Hy beskuldig dié land van aanvalle op Amerikaanse tegnologiemaatskappye en van ʼn heksejag teen die verregse oudpresident, Jair Bolsonaro. Hy word beskuldig dat hy ʼn staatsgreep beplan het na sy naelskraapse nederlaag in die 2022-verkiesing. Brasilië se president Luiz Inácio Lula da Silva het beloof om te reageer indien Trump voortgaan met sy dreigement en waarsku teen enige inmenging in sy land se strafregstelsel.