Skip to content

Gesondheidsdepartement ontvang R750-miljoen van die Tesourie om MIV/Vigs te beveg

# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê die Tesourie het 750-miljoen-rand aan die departement toegeken om die finansieringsgaping te vul wat gelaat is deur Amerika se onttrekking aan die President se Noodplan vir Vigsverligting. Pepfar-befondsing het slegs 17-persent van die land se MIV-reaksiebefondsing uitgemaak. Motsoaledi het aan die Parlement gesê 590-miljoen-rand sal aan provinsies toegeken word deur die omvattende MIV/Vigs-afdeling van die toelaag vir die distriksgesondheidsprogram. Hy sê die regering is daartoe verbind om MIV/Vigs as ‘n openbare gesondheidsbedreiging teen 2030 uit te skakel.